
An evaluation helps determine the child's strengths and weaknesses.
Improves reading and learning and helps learners be smarter.
Our online solution to making reading, maths and learning easy.
Build a solid foundation to achieve excellence in mathematics.
The aim is to improve cognitive abilities and reading skills in 8-10 days.
Help your child take a giant leap forward.
Our bridging programme allows your child to return to mainstream school.
Helping your child to pack more learning into less time.
For learners who are in danger of failing their academic year.
Easy-to-use and entertaining interface.
Elke eksamentyd gebeur dit — baie leerders se mae trek sommerso op ‘n knop van die eksamenkoors en senuwees. Hulle weet nie reg hoe hulle moet leer nie en die tyd begin hulle inhaal. ‘n Kursus soos Studiblox, wat ‘n leerder die vaardighede gee om die nodige kennis betyds in sy kop te kry, is dus onontbeerlik.Geskikte kandidate vir ons Studiblox-kursus is Gr 4 – 9 leerders, wat wil leer om studietegnieke en –metodes effektief toe te pas. Die volgende leerareas word gedek:
Module 1:
Die MUD model is ‘n gids oor hoe dinge geleer kan word. Die afkorting ‘MUD’ staan vir “Memory”, “Understanding” en “Doing”.
Module 2:
Kapstokke (“mnemonics”) is geheuetegnieke wat reeds duisende jare gebruik word om die geheue te ondersteun.
Module 3:
Breinkaarte (“mind maps”) kan gebruik word vir die neem van notas, om opsommings te maak en vir hersiening, om kreatiwiteit te bevorder en om probleme uit te sorteer.
Modules 4-7:
Leer om opsommings te maak deur sleutelwoorde in sinne en hoofgedagtes in paragrawe uit te ken. Sodoende kondenseer mens leermateriaal na ‘n aanvaarbare hoeveelheid wat studietyd verminder. Leer ook hoe om ‘n vraestel te beantwoord.
Modules 8-10:
Leer om opstelle te skryf, en praatjies uit te werk en aan te bied. Om kreatief te dink en skryf is nie ‘n ingebore talent nie, maar ‘n vaardigheid wat met oefening ontwikkel kan word.

From: Jan van Rensburg [mailto:cartrid………..il.com]
Sent: Thursday, December 12, 2013 1:25 PM
To: ‘Marelize Odendaal’
Subject: Terugvoer: Jade van Rensburg
Liewe Tannie Marelize,
Ek wil net dankie sê vir een van die beste ervarings wat ek al ooit gehad het. Dit het my geleer hoe om reg te studeer, praatjies te skryf en hoe om my omgewing en kapstokke te gebruik. Dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het en gehelp het om my siening te verander op die manier wat ek gestudeer het!
Ek kan met ‘n geruste hart sê dat my gemiddeld met 6% gestyg het en is nou 80%! My wiskunde het met 23% gestyg!! Afrikaans, Engels, Tegnologie en Natuur Wetenskap het tussen 5% tot 15% gestyg.
Ek dink ek het my Laerskool loopbaan baie goed beëindig en begin hoërskool op ‘n baie goeie noot!!
Nogmaals dankie en ‘n baie geseënde Kersfees!
Groete
Jade van Rensburg





We love hearing from our community! Share your thoughts and experiences or ask questions. Your feedback helps us grow and support learners even better. Let’s engage, inspire, and learn together!
Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.
4 Responses
wat kos die kursus en waar en wanneer asb?
Hello Willem, dankie vir jou belangstelling — ek het vir jou ‘n epos gestuur. Groete, Susan
Susan, kan jy vir my ook die epos met die koste stuur asb. Is dit aanlyn beskikbaar?
Ek maak so. 🙂