Taylor se vordering,opgesom:

Taylor is ’n intelligente leerder wat oor verskeie jare akademiese uitdagings ervaar het weens disleksie, wat haar prestasie in tale en wiskunde beïnvloed het. Haar leerpad is gekenmerk deur heronderrig, swak toetsprestasie en lae selfvertroue. Hierdie getuienis wys hoe doelgerigte ondersteuning by Edublox gelei het tot verbeterde leesvaardighede, ’n styging van 23% in haar gemiddeld, en meer selfversekerde deelname in die klaskamer.
Die ongeredigeerde weergawe:
Liezl Granzier, Taylor se moeder, skryf:
Edublox is aanbeveel deur ons oogkundige, Suzie van Graan, wat Taylor gediagnoseer het met disleksie in November 2024. Taylor was angstig elke keer wat daar ‘n kwartaaltoets of eksamen geskryf moes word. Sy het elke kwartaal heronderrig ontvang in Afrikaans, Engels en Wiskunde in Gr4, Gr5 en die eerste kwartaal van Gr6.
Meeste van die tyd, het sy Afrikaans and Engels gedruip en het net-net elke jaar deurgekom. Sy was ‘n wrak. Sy het geen selfvertroue gehad nie, was angstig, het haar naels gekou naels en was onsettend emosioeneel. Ons was raad-op.
Taylor is ongelooflik intelligent, maar het skaars deurgekom. Om te leer vir eksamens was nag! Ons het dae aaneen met haar gesit om haar te leer.
Toe gaan Taylor Edublox toe. Wat ‘n verandering! Sy het haar selfvertroue terug begin kry, haar angstigheid het verdwyn, en sy het uit haar eie leesboeke begin lees.
Haar punte het met 23% gestyg! Sy neem deel in klasgesprekke en vra vir hulp by onderwyers, wat sy nooit voorheen gedoen het nie. Geen heronderig-klasse meer nie.
Die skool het ‘n lees-lab wat die kinders se leesspoed en begrip verbeter. Die onderwyseres het ook gemerk dat haar begrip en spoed verbeter het.
Eksamentye is ‘n “breeze”! Geen trane en angs meer nie.
Taylor se selfvertroue en ongelooflik baie verbeter. Sy kan nie wag om haar rapport vir ons te wys nie. Sy maak grappies en babbel en is ‘n positiewe dogter. Edublox het ons, maar veral Taylor, se lewe verander.
Ons is diep dankbaar.
Taylor se skoolrapport wys merkbare akademiese verbetering van kwartaal 1 tot 3:





