‘n Lekker Manier om te Leer

Ek kan getuig dat met die hulp en ondersteuning van Edublox wel moontlik is om die brein te herprogrameer en verbetering te sien! En boonop is die ‘n lekker manier om te leer omdat Edublox dit vir die leerder interessant en lekker maak om die klasse by te woon!

Feedback.3185717_stdMy seun het al van Graad 2 af gesukkel met lees en klank. In Graad 4 het ek hom laat toets en die diagnose was dat hy dislekties is. Die verslag het remediërende onderwys voorgestel. Ons het vir twee jaar hiermee volgehou. In Graad 6 het die skool voorgestel ons doen aansoek om mondelinge eksamen af te lê aangesien daar byna geen verbetering was nie.

Dit was ‘n baie moeilike besluit, en ek het besluit om weer verder na ander oplossings te soek. My kind se selfbeeld was swak en hy het geglo daar is iets vreeslik fout met hom, en om nou nog anders eksamen af te lê kon ek net nie toelaat nie!

In April 2010 het ek my kind oorreed om nog een keer te probeer en het ek Edublox gebel en afspraak gemaak nadat ek op hulle webtuiste gekuier het vir maande. Hy is getoets en ons het saam met die Edublox personeel gesit en die situasie ontleed. Hulle het voorgestel dat ons op sy persepsie en rigting-oriëntering moet fokus. Ons het vir twee jaar die klasse bygewoon en ons huisroetine aangepas om die oefeninge met hom te doen. In Graad 9 was sy gemiddeld 73% met beide Afrikaans en Engels in die 60%. Sy selfbeeld het verbeter en hy glo nou in homself en sy vermoë om te kan lees en spel!

Ek kan getuig dat met die hulp en ondersteuning van Edublox wel moontlik is om die brein te herprogrameer en verbetering te sien! En boonop is die ‘n lekker manier om te leer omdat Edublox dit vir die leerder interessant en lekker maak om die klasse by te woon!

Alida Smit

Empower Your Child

Reading, Maths & learning made easy

Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.