Toe Charlene in Gr.4 (2010) begin eksamen skryf, het ons agtergekom dat sy leer- en leesprobleme het. Na ‘n klomp evaluasies is daar voorgestel dat sy spraakterapie, arbeidsterapie en ekstra leesklasse moet kry, sowel as Concerta moet drink.
Teen die middel van Gr.6 (2012), na die eerste kwartaal, het ons besef ons sal iets drasties moet doen, want na al die jare van terapie en ekstra leesklasse, kon ons nog geen resultate sien nie. My man het toe op die Internet begin soek en op Edublox se webtuiste afgekom. Ons het haar dadelik vir ‘n evaluasie gevat en met klasse begin. Ek het die terapieë en ekstra leesklasse gestaak en net met Edublox begin in Mei 2012.
‘n Kwartaal nadat Charlene met klasse by Edublox begin het, kon ons dadelik ‘n duidelike verskil aan haar punte en selfvertroue sien! Sy het begin om skooltake en huiswerk self te doen (ek moes voorheen met alles help en kontroleer dat huiswerk gedoen word). Haar lees het drasties verbeter (sy was maar op ‘n Gr.4-standaard). Sy is so positief en voel ook nou dat sy iets kan doen, waar sy altyd gevoel het sy is net nie goed genoeg nie. Sy het ook dikwels gedink sy is dom! Sy straal nou behoorlik en sien kans vir Gr.7. Dit is alles te danke aan Susan en haar span! Ek het al ander ouers verwys na Edublox!
Nadia Luus
Vanaf die die eerste tot die vierde kwartaal het Charlene se persentasies soos volg gestyg: 6% in Lewensoriëntering, 8% in Rekenaargeletterheid, 8% in Wiskunde, 17% in Sosiale Wetenskappe, 18% in Natuurwetenskappe, 21% in Engels, 27% in Ekonomiese – en Bestuurswetenskappe, en 28% in Tegnologie:






