Groot Verbetering in Lees, Spelling in Werkstempo

Daar was reeds binne die eerste maand ‘n groot verbetering in haar skoolwerk. Haar gemiddeld vir al haar vakke was aan die einde van kwartaal 3, 2009 ‘n 3 (voldoende) en het verbeter na 4 (uitmuntend). Haar lees, spelling en werkstempo het baie verbeter. Sy handel haar huiswerk af sonder enige hulp van haar ouers en het baie meer selfvertroue.
lurisca2
Lurisca

Lurisca het Augustus 2009 by Edublox ingeskryf aangesien sy die volgende probleme in haar skoolwerk ondervind het:

  • Konsentrasieprobleme
  • Werkstempo — kon nie take in tyd afhandel nie
  • Haar lees was nie op standaard nie
  • Onseker t.o.v. woordherkenning
  • Spelfoute
  • Swak selfvertroue en was altyd onseker oor haar werk.
    .

Tydens die evaluasie is bevind dat sy hulp benodig en dat sy een klas per week sal moet bywoon oor ‘n 12 maande tydperk.

Daar was reeds binne die eerste maand ‘n groot verbetering in haar skoolwerk. Haar gemiddeld vir al haar vakke was aan die einde van kwartaal 3, 2009 ‘n 3 (voldoende) en het verbeter na 4 (uitmuntend) — Sien vorderingsverslag eerste en tweede kwartaal 2010.

Haar lees, spelling en werkstempo het baie verbeter. Sy handel haar huiswerk af sonder enige hulp van haar ouers en het baie meer selfvertroue.

Sy het reeds ‘n tydperk van 12 maande voltooi en toon groot verbetering in baie opsigte. Sy benodig nie verdere hulp nie maar daar is besluit om nie die klasse te staak nie aangesien die resultate so goed is. Sy geniet die klasse geweldig baie en al die aandag en lekkers is natuurlik ‘n bonus.

Mev Combrink
Augustus 2010

Lurisca

Empower Your Child

Reading, Maths & learning made easy

Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.