En So Het Die Wonderwerk Gebeur…

Xander is elke jaar deurgesit na die volgende graad met talle motiverings van terapeute. Graad 4 was dus ‘n groot kopseer wat voorgelê het, maar nog steeds het ek geglo dat Xander eendag sal presteer… en so het die wonderwerk gebeur. Die eerste kwartaal van graad 4 was ‘n nagmerrie. Xander het die kwartaal gedruip, omtrent al sy vakke en wiskunde met 16%... Die tweede kwartaal het Xander die kwartaal geslaag met ‘n gemiddeld van ± 65%. Al sy vakke het wonderbaarlik verbeter. Die derde kwartaal het hy weer geslaag!
feedback

Ons het Xander na Bryandale geskuif begin Graad 2. ‘n Paar dae nadat hy by sy nuwe skool begin het, het sy juffrou opgetel dat Xander ‘n lees- en konsentrasieprobleem het. Sy het aanbeveel dat ons Xander na ‘n spraak- en leesterapeut stuur.

Xander het elke kwartaal gedruip in graad 2 en 3, ek kon net nie rus kry met sy probleem nie en het verdere hulp gaan soek. Na 18 maande by die terapeute het Xander steeds geen vordering getoon nie.

Eendag, baie mismoedig het ek ‘lees en leer skool’ ingetik op Google en daar verskyn Edublox groot. Ek het dadelik in kontak getree met Monique en die volgende dag het sy Xander geëvalueer en ook opgetel dat hy definitief ‘n probleem het met lees.

Ons het dadelik begin met lesse twee keer ‘n week. Xander het Augustus 2015 by Edublox begin.

Xander is elke jaar deurgesit na die volgende graad met talle motiverings van terapeute. Graad 4 was dus ‘n groot kopseer wat voorgelê het, maar nog steeds het ek geglo dat Xander eendag sal presteer… en so het die wonderwerk gebeur. Die eerste kwartaal van graad 4 was ‘n nagmerrie. Xander het die kwartaal gedruip, omtrent al sy vakke en wiskunde met 16%. Sy spelling het drasties begin optel. Die tweede kwartaal het Xander die kwartaal geslaag met ‘n gemiddeld van ± 65%. Al sy vakke het wonderbaarlik verbeter. Die derde kwartaal het hy weer geslaag!

Xander is ‘n baie spesiale kind met die pragtigste persoonlikheid en ek weet dat hy baie hard gewerk het en nog steeds elke dag hard werk om te wees waar hy nou is.

XANDER IS ONS TROTS EN ONS SAL NOOIT OPGEE NIE.

Baie dankie Edublox, Monique en staf — julle is waarlik ons steunpilaar.

Groete

Elize


Xander se rapport:

xander

 

Empower Your Child

Reading, Maths & learning made easy

Edublox empowers your child to reach their full academic potential through unique intellectual skills development programmes.