Wiskunde Verbeter met 20%; Afrikaans met 14%

Feedback.3185717_stdHi Maryke

Ek is so opgewonde dat ek sommer dadelik vir jou ‘n e-pos moes stuur (nadat ek eers die vreugdetrane afgevee het). Na net 4 weke se Edublox klasse het my dogtertjie in Graad 4 se rapport reeds ‘n merkwaardige verbetering begin toon! Haar gemiddelde was in die 1ste en 2de kwartale beide kere 4% onder die graad se gemiddeld (wat seker nie so erg is nie), maar wat my bekommer het was die feit dat sy so sleg in haar tale en Wiskunde gedoen het vs die leervakke. Sy het regtig hard geleer, wat sigbaar was in haar goeie punte vir die leervakke (en gehelp het om haar gemiddeld op te trek), maar ek kon nie verstaan hoekom sy met die drie “verstaanvakke” amper 10% onder die graad-gemiddeld was nie (tenspyte daarvan dat sy so lief vir lees is en dus nie sleg in tale behoort te vaar nie).

Hierdie kwartaal is haar gemiddeld vir die eerste keer ooit in haar skoolloopbaan bo die graad s’n (80%!), maar ek kan veral nie glo hoe ongelooflik haar Afrikaans en Wiskunde verbeter het nie. Haar Wiskunde punt is op met 20% vanaf laas kwartaal! (Ons knyp die kwartaal maar oë toe vir Engels en Wetenskap aangesien sy die toetse geskryf het nadat sy die voorafgaande twee dae siek in die bed was nie en nie vreeslik baie geleer het nie.)

Haar boetie in Graad R is tans baie verder agter as sy sussie, maar haar goeie resultate gee my sommer moed dat Edublox regtig werk en ook vir hom op standaard sal kry. Ek begin nou glo dat die verbetering wat ons die laaste maand vandat hy na jou kom nie my verbeelding is nie. Ons van is bv 11 letters lank en hy sukkel al heeljaar om verder as die eerste twee letters te onthou. Na drie weke se Edublox kan hy “skielik” sy hele van skryf en ruil net soms nog twee van die letters om.

Baie dankie ook dat jy dit vir beide so lekker maak om klas toe te gaan ― die “blokkie-tannie” het baie vinnig ‘n groot gunsteling in ons huis geword!

Groete
Linda


‘n Fantastiese skoolrapport!

Linda

 

 

Linda Moeder van twee kinders

Skip to toolbar