Ek is Jolene, ‘n ma van ‘n pragtige seun, Estiaan. In die begin van 2010 het ‘n dokter Estiaan op medikasie gesit en die juffrou moes kort-kort ‘n verslag gegee het oor hoe hy vorder op dit en op skool.
Die jaar het verbygegaan, en omdat die juffrou en die dokter nooit iets gesê het nie het ek aangeneem alles is okay! Toe die einde van die derde kwartaal kom het daardie dag in ‘n nagmerrie ontaard: “Jou kind het ‘n agterstand en hy moet na ‘n spesiale skool toe gaan.” Soos enige ma sou doen het ek in die kar geklim en gehuil en vir myself afgevra, Wat doen ek nou?
‘n Paar weke gaan verby. Estiaan wou nie skool toe nie. Kinders het hom begin seermaak, afknou, en omdat hy hiperaktief ook is het die onderwysers altyd gedink dit is Estiaan wat dit begin het.
Soos die trane loop, het ek Estiaan verseker dat alles okay is en dat Liewe Jesus ons op die regte pad sal lei, ons moet net moed hou.
Ek het toe ‘n dokter in Pretoria gaan sien, wat my meegedeel het dat Estiaan verkeerd gediagnoseer is en dadelik die medikasie moet staak. Dat Estiaan ‘n agterstand in lees en Wiskunde het en dat dit beter vir hom sal wees om die agterstand op te vang by ‘n spesiale skool.
Die volgende dag bel ek ‘n paar spesiale skole in die omgewing. “Jammer Mevrou, ons kan jou nie help nie. Daar is ‘n waglys van ongeveer 35 kinders.” In trane. Wat maak ‘n ouer nou?
Ek het toe intussen op die internet gaan google en op Edublox afgekom. Ek het dadelik vir Monique gekontak en ‘n paar vrae gevra. Ons het toe vir Estiaan ‘n afspraak gemaak sodat Monique hom kan toets en soos ons gesels het, het Monique my vertel van ‘n goeie laerskool wat in die omgewing is en dat ek by hulle hoor of hulle my kan help.
Toe ek die foon neersit het ek geweet ek het my antwoord gekry. Ek het die laerskool gebel. “Mevrou daar is nog net een plek beskikbaar.” Dit was of daardie plekkie vir ons bedoel was!
Ek het toe besluit om Estiaan ‘n kans te gee in ‘n nuwe gewone skool met behulp van Edublox, spraak- en RO-klasse. Ek het vir myself gesê as Estiaan die jaar nie maak nie is dit okay, dan behoort die spesiale skole my al te laat weet en dan kan hy die jaar daar oordoen.
Toe 2011 aanbreek was ek en Estiaan bang vir die uitdaging, nuwe skool, werk wat ons moet inhaal ens. Estiaan het ‘n wonderlike juffrou gekry en ons kon nie vir beter gevra het nie.
Die eerste kwartaal het Estiaan nie goed gedoen nie, die tweede kwartaal het Estiaan verbeter… Hy is nou met Wiskunde op standaard en sy lees is amper op standaard.
As dit nie vir Monique en Edublox was nie, weet ek nie!
Dankie Monique en Edublox! Sonder julle weet ek nie wat sou van Estiaan geword het nie. Julle is tops!!!!
Jolene Lizamore