Ons as ouers het Zander ingeskryf agv die feit dat hy geweldig sukkel met lees asook spelling. Zander is ‘n teruggetrokke seun en die feit dat hy stadig lees het vir hom die indruk gegee dat hy, soos hy self aan ons genoem het, dom is. Hy het vir ons genoem dat een van sy vriendjies ook gesukkel het en nou gaan dit baie beter met die betrokke seun. Ek het Rijk se ouers gekontak en hulle het vir my die nommer van Edublox gegee.
Verbeteringe in Zander aan die einde van 2010 is as volg: Zander se leesspoed het definitief verbeter agv Edublox. Sy konsentrasie is ook definitief beter agv die oefeninge wat aan ons gegee is. Die grootste wesentlike verandering in Zander is sy selfvertroue asook sy selfbeeld, ons ken hom amper nie! Zander se hele persepsie het verander. Hy het altyd vir ons gesê dat hy dom is. Maar nou met die hulp van Susan en die personeel van Edublox herken hy dat hy slim is en kan lees.
Ons seun skram nie meer weg van boeke nie, inteendeel lees hy in die aande vir sy jonger sussie stories. Ons as ouers is vol moed dat ons in 2011 ‘n groot verandering sal sien. Zander is nog nie op standaard met sy leesspoed en ook spelling nie. Sy taalgebruik het definitief verbeter, asook sy konsentrasie, maar dit het ook aandag nodig. Ons sal graag wil sien dat hy op standaard met sy klasmaats kom.
Karen Dormehl