From: Vasti Smith [mailto:Vasti.Smith@…]
Sent: 18 September 2013 09:53 AM
To: Mareli Swart
Subject: RE: Edublox klasse
Hi Mareli
Dit gaan regtig al baie beter by die skool. Juffrou sê dit gaan regtig goed en sy is heel tevrede met Aimee se vordering. Selfs die arbeidsterapeut wat die heeltyd gekla het oor Aimee se konsentrasie het vir my die mooiste briefie laasweek geskryf en gesê Aimee is ‘n sterretjie en sy vorder baie goed, sy konsentreer selfs en laat nie meer dat die ander kinders in die speelkamer haar aandag aftrek nie. So Mareli dit gaan regtig al sommer stukke beter. Juffrou sê Aimee kon selfs die kwartaal vir haar rapport syfers uitken waarmee sy nog steeds sukkel maar sy kon van hulle uitken. Dit maak my weer asemhaal. Mens stress so want mens wil nie hê jou kind moet sukkel as sy Graad 1 toe gaan nie — dan gaan sy skool haat vir die res van haar lewe.
So baie, baie dankie vir al julle hulp ons kan regtig al ‘n hengse verbetering sien. Waar Aimee nooit voor ons wou tel nie en as ons haar wou leer wou sy niks weet nie, sy het net geweier om te tel nou tel sy al self goedjies en tel hardop van 1-10 en dan ook terug. Baie dankie julle sal nooit weet wat jul hulp vir ons beteken nie.
Laat weet my asb. Bietjie meer oor die tuisprogram.
Groete
Vasti