Victor Draf Spelkompetisies Kaf!

Feedback.3185717_stdFrom: lizelle [mailto:lizelle@khulu…]
Sent: 27 August 2014 12:50 PM
To: monique@edublox.com
Subject: Wow Spelfees Victor van Blerk

Hi Monique,

Wil net so bietjie met Victor spog!

Victor het aan die jaarlikse spelfees deelgeneem en is sovêr deur na provinsiale kompetisie wat op 19 September plaasvind. Hy het al drie uitdunrondtes deurgekom wat soos volg was:

Hulle moes 200 woorde leer.

Eerste uitdunrondte: Leerders moes 30 woorde skriftelik doen en mag nie meer as 5 verkeerd gehad het nie.

Tweede uitdunrondte: Leerders moes 40 woorde skriftelik doen en mag nie meer as 5 verkeerd gehad het nie.

Derde uitdunrondte: Leerders moes 20 woorde klank en mag niks verkeerd gehad het nie.

Uit 157 graad eentjies in Fairland is daar net 8 deur na provinsiale toe. Hy is ook die enigste een in sy die klas.

Ek het sommer vir jou die spellys ook aangeheg.

Hier is bietjie meer besonderhede oor die kompetisie.

Volgens Fiona van Kerwel, WOW Projek-bestuurder, is die projek nou al elf jaar aan die gang om leerders se taalkennis en woordeskat uit te brei en effektiewe taalgebruik aan te moedig. Die projek wil die strewe na prestasie onder leerders aanmoedig en uitnemende leerders vir verdere studie identifiseer. Deur onderwysers en kurrikulumadviseurs as amptenare by die WOW Spelfees betrokke te kry, word daar gestreef om opvoeders te bemagtig ten opsigte van die korrekte uitspraak en spelling van woorde in Afrikaans en hulle te motiveer om eienaarskap van die projek te neem.

Die WOW Projek is ’n bemagtigingsinisiatief vir skole en is gerig op leesbevordering en kulturele ontwikkeling en wil die enorme verskille tussen leerders uit bevoorregte en behoeftige omgewings help verklein. Skole wat belangstel om in 2015 deel te neem, kan vroeg in die nuwe jaar op die Woordfees se webtuiste (www.woordfees.co.za) vir die nuwe woordelyste loer. Inskryfvorms en kontakbesonderhede kan ook daar gevind word.

Hou duim was vir die mannetjie, as hy deurkom by die provinsiale gaan hy Stellenbosch toe vir die nasionale kompetisie.

Maar al gaan hy nie nou verder nie, het hy al baie vêr gekom en ons is verskriklik trots op hom!

Groete

Lizelle van Blerk
Khulu Business Solutions
141 Honey Ridge Estate, During Street Honeydew Ridge, Roodepoort

Lizelle van Blerk Victor se moeder

Skip to toolbar