‘n Verskil In Punte In Twee Maande

Ons het gesprekke met Lila se Graad 2 juffrou gehad en besef dat Lila soveel potensiaal het om soveel beter punte op skool te behaal. Haar lees was ook nie op standaard nie.

Ons het natuurlik geen idee gehad hoe ons die potensiaal gaan ontwikkel nie en het by Edublox gaan aanklop. Karen Langenhoven het ‘n assessering met Lila gedoen en ons kon duidelik op die verslag sien waar die areas is waarmee Lila sukkel en waar hulle haar kan help om te verbeter. Ons paadjie met Edublox het Oktober 2017 begin.

Soos die gesegde lui, ‘the proof is in the pudding’ en in twee maande het ons reeds ‘n verskil in punte gesien:

Sy is in Graad 3 in een van die vinnigste leesgroepies in haar klas ingedeel en ek kon sien wanneer ons huiswerk doen dat haar ouditiewe geheue ook verbeter het.

Lila se lees en spel kan nog verbeter en ons glo met die hulp van Edublox sal sy dit ook nog baie verbeter.

Liza Koen


‘n Voorbeeld van Lila se skoolwerk:


Lila se Edublox evaluasies: 

Vaardigheid Eerste Assessering 6 Maande 12 Maande
Ouditiewe geheue 44% 58% 79%
Visuele geheue 72% 76% 76%
Oogspan 21% 50% 75%
Logiese denke 50% 66% 88%
Leesspoed 39 woorde per minuut 48 woorde per minuut 61 woorde per minuut

 

Liza Koen Lila se moeder

Skip to toolbar