From: Karin van Niekerk [mailto:Karin.vanNiekerk@diebur…..]
Sent: 29/07/2014 14:59
To: Louna Spies
Subject: Franco testimonial en foto’s
Hi Louna
Franco van Niekerk Gr. 10 (16jr)
Vandat hy laasjaar by Edublox-klasse begin neem het, het sy akademie drasties verbeter. Franco het ‘n gehoorverlies in sy een oor en as gevolg daarvan het hy in die laerskool agtergeraak met sy wiskunde en tale. As gevolg van hierdie probleem sukkel hy veral in ‘n klassituasie (waar daar baie keer agtergrondgeraas is of waar mense baie om hom praat) om klanke te herken of mooi te kan hoor. So sy interpretasie is baie keer anders as wat die persoon wat praat dit laat oorkom, daarom sal hy dink hy hoor reg maar eintlik is dit nie die boodskap wat bedoel is nie.
In Gr. 9 het sy punte drasties begin daal in genoemde vakke alhoewel hy hard werk en leer. En nadat ‘n oudioloog hom getoets het, het ons agtergekom sy gehoor het nog meer verswak, wat gelei het tot ‘n operasie in 2013. Die operasie was 50% suksesvol wat beteken hy moet weer een ondergaan om ‘n gehoorbeentjie (wat verbrokkel het) op te bou en oor te plant.
Ek het gehoor van Edublox by my oudioloog wat voorgestel het hy gaan vir klasse – en het hy van laasjaar, September 2013, begin om klasse te loop by Louna van Edublox. Op daardie stadium was sy wiskunde en tale baie swak en was ons bekommerd dat hy nie die jaar gaan slaag nie. Met die laaste Gr. 9 eksamen in November het sy punte so gestyg dat hy met gemak deurgekom het.
In net 6 maande het Louna se hulp en baie aandag hom geleer en gelei en ook gemotiveer om in homself te glo – ek kon sien my kind wat altyd skaam en teruggetrokke was (veral oor sy gehoorgebrek) het begin glo in homself en het hy met selfvertroue begin om die vakke waarmee hy sukkel aan te pak en hard gewerk.
Franco swem al vandat hy 8 jaar oud is en van kleins af moes hy baie hard werk in sy sport aangesien hy klein gebou was in vergelyking met sy maats. Hy was baie siek aan sinusitus en oorinfeksies en is tans op chroniese medikasie vir allergiee. Hy is iemand wat altyd 110% gee en alhoewel hy nie altyd die erkenning kry wat hy verdien nie, hou hy altyd aan om hard te werk en aan te hou probeer. Hy is tans in die Ryk Neetling se swemklub nl. Players. En hy fokus veral op die middel-, langafstande en “open water” swem.
Op 16 jaar het hy al so baie bereik (hy het sy Junior Noordwes-kleure in swem op ‘n ouderdom van 11 jaar gekry en laasjaar sy WP Junior Kleure in Oopwater – swem vir die 3km.) Hierdie jaar het hy op 16 jaar WP gaan verteenwoordig by die SA Junior Kampioenskappe in Durban waar hy 5de gekom het in die 800m Vryslag. Hy is ook nou ingesluit in WP se span wat volgende maand in Pietermaritzburg gaan deelneem aan die SA Kortbadkampioenskappe. Sy droom is om oorsee te gaan studeer en vir SA te gaan verteenwoordig oorsee en natuurlik ook by die Olimpiese Spele in 2016.
Ek glo hy sal nog bo uitkom met harde werk en God se genade.
Groete
Karin van Niekerk
Karin van Niekerk
Sleutelrekeningbestuurder/Account Manager, T 021 910 6533 S 076 463 8637 F 086 5810392 E karin.vanniekerk@dieburger.com Bloemhofgebou, Edwardstraat 112, Bellville, 7530 Bloemfhof Building, Edward Street 112, Bellville, 7530. @ karinvannieker1