Van ‘n 4 (Voldoende Prestasie) tot ‘n 7 (Uitmuntende Prestasie) vir Afrikaans en Engels

Tristan
Tristan 

Tristan is ‘n besige 8-jarige seuntjie. Hy het aanvanklik gesukkel in meeste afdelings van Graad 2. Lees en konsentrasie was al van Graad 1 maar ‘n gesukkel, asook sy handskrif wat onnet was. Letters en syfers is soms nog verkeerd om geskryf. Tristan het in April 2014 met Edublox begin.

Tristan het byna op alle vlakke verbeter veral met sy lees, skryf en konsentrasie. Hy het van ‘voldoende’ resultate na ‘uitstaande’ resultate verbeter. Daar is nou byna geen omkerings van letters en syfers nie. Die aangehegde verslag toon dat hy in die tweede kwartaal aansienlik verbeter het en die vierde kwartaal was net soveel beter.

Tristan sukkel nog met datahantering en sy sosiale welsyn. Hopelik word die probleempies vinnig iets van die verlede na nog ‘n paar klasse.

Nadine Daniell
26 Januarie 2015


‘n Ongelooflike verbetering in Afrikaans en Engels. Beide het verbeter van 4 tot 5 tot 6 tot 7. Welgedaan Tristan!

tristanrapport

Nadine Daniell Tristan's mother

Skip to toolbar