Van Geen 7’s tot Vier 7’s Op Sy Rapport

Feedback.3185717_stdStander het probleme ondervind met konsentrasie, lees, handskrif en basiese begrip van sekere aspekte van sy skoolwerk. Dit het veroorsaak dat hy dikwels moedeloos en gefrustreerd geraak het, en sy selfbeeld waar dit kom by sy akademiese vermoëns was uiters laag.

Stander se gemiddeld het verbeter met 6% in die kort rukkie wat hy by Edublox ingeskryf is. Die verbetering is veral sigbaar in sy luistervaardighede, klanke en spelling, handskrif en wiskunde. Hy het ons verstom deur van geen 7’s op sy kwartaal 2-rapport na ‘n uitstekende vier 7’s te spring in kwartaal 3. Laas kwartaal het hy onder andere ‘n 3 gehad vir handskrif maar tans is daar nie ‘n enkele 3 op sy rapport nie.

Waar Stander voorheen homself dom genoem het en baie gefrustreerd geraak het as hy sukkel met sy huiswerk, geniet hy dit nou en sy selfbeeld het baie verbeter. Hy neem sy lesse ernstig op en is glad nie gemaklik as hy om een of ander rede ‘n sessie moet misloop nie!

Ek het geweet om hom vir die klasse in te skryf was die beste wat ek hom kon gee toe hy eendag huistoe kom en ek vra hoe sy toespraak afgeloop het. Sy bors het geswel van die trots en hy het my vol selfvertroue in die oë gekyk en geantwoord, “Juffrou het gesê sy het hoendervleis gekry!”

Corlia Simmons


Stander se graad 2, 2de kwartaal-rapport: fairlands-1

Stander se graad 2, 3e kwartaal-rapport: 

fairlands-2

Corlia Simmons Stander se moeder

Skip to toolbar