As ouers wil ons altyd ons kinders help waar ons kan — en ons doen ook — en dan kry jy daardie oproep wat jy nie graag wil ontvang van die skool wat vra, kom sien ons. Daardie besoek aan die skool wat sê as jou kind nie begin harder leer en werk nie gaan sy dit nie maak die einde van die jaar nie, en daar sit jy met jou hande in die hare: waarna toe nou?
En dan kom die antwoord in die vorm van Edublox. Eers maar bietjie skepties: is dit die pad vir ons en gaan dit werk? Dit is nog kostes wat gemaak word en dit is tyd. Dan JA en nogmaals JA, dit is alles die moeite werd.
Angelique wou nie voor mense praat of enige praatjies doen nie want daar was nie selfvertroue in my kind nie. Vandag staan daardie selfde kind met soveel selfvertroue voor haar klas en voor mense en doen haar praatjies. Praatjies word nie meer gevrees nie en word nou vir almal wat wil luister vertel.
Punte wat verbeter, inteendeel soveel verbeter het dat my kind in die Top 30 Akademie is. Kyk ek vandag terug na die tydperk wat my kind by Edublox was en wat sy alles bereik het in hierdie tyd, is daar nie genoeg woorde om dankie te sê nie — om die groei in Angelique te sien en die positiewe manier wat sy haar huiswerk nou doen is iets wat ek nie gedink het sommer gaan gebeur nie.
Dankie Edublox dames vir julle tyd, liefde, ondersteuning en die sukses wat julle van my kind gemaak het. Want sonder julle sou my kind nie gewees het waar sy vandag is nie. ‘n Dametjie met selfvertroue en wat elke taak en eksamen sonder vrees en met lus aanpak. Julle buig meer agteroor vir ons kinders as enige iemand anders.
Ek as ouer kan Edublox met trots aan almal aanbeveel want dit werk. Maak die tyd om jou kind te vat want hierdie dames maak die tyd vir ons kinders en gee hulle die gereedskap om hulle lewens vorentoe net makliker te maak.
Groete
Zelda Prinsloo
Phalaborwa