From: Katinka [mailto:kladeira@polysp…..]
Sent: Friday, September 11, 2015 11:39 AM
To: nicolene@edublox.com
Subject: Vordering: Ruan Ladeira
Hi Nicolene,
Ek wou maar net laat weet het. Ruan se juffrou het gesê dat ek haar so 6 weke nadat hierdie kwartaal begin het, moet kom sien dat ons kan gesels oor Ruan se vordering. Ek het haar gister gesien en sy is baie tevrede. Sy lees het 100% verbeter, hy haak nie meer vas en klank die woorde nie, hy lees nou vlot. Sy begriplees kort wel nog aandag, maar sy verstaan dat dit ‘n proses is. Sy is baie verbaas oor die verbetering wat hy toon vir die kort tydperk wat hy Edublox doen. Hy het mos eers die einde van die eerste kwartaal daarmee begin.
Jy het met die aand toe ons ouers daar was, genoem van Mathblox en dat julle hulle baie help om tyd te leer en te verstaan. Dis nogal een afdeling waarmee Ruan sukkel, alhoewel sy ander Wiskunde baie goed is. Julle bied nie dalk net ‘n kort Mathblox kursus aan wat net oor tyd handel nie?
Groete
Katinka Ladeira