Isabel het baie probleme gehad met ruimtelike orientasie en met persepsie toe sy by Edublox begin het. Sy het haar d, b, s, en p letters verkeerd om geskryf en kon hulle ook nie herken nie. Sy het ook nie spasies tussen haar woorde gemaak nie, en alles aan mekaar geskryf. Sy het glad nie haar klanke geken nie, en kon sodoende glad nie woordjies klank nie. So sy kon sodoende ook nie begin lees nie. Sy het ook probleme gehad met haar visuele en ouditiewe geheue.
Sy het so verbeter vandat sy by Edublox begin het. Sy ken nou al haar klankies en kan nou woorde klank. Haar lees het op beweeg van ‘n 1 (vereis aandag) na ‘n 2 (gedeeltelik bemeester) toe op haar verslag. Sy het op haar verslag van ‘n 2 (gedeeltelik bemeester) na ‘n 3 (bemeester) toe gegaan met luistervaardigheid. Haar skrif het vir my die meeste verbeter, haar lettervorming en netheid van die letters is 100% beter en sy skryf ook glad nie meer woordjies teen mekaar nie. Sy los nou spasies tussen in. Sy skryf ook nou nie meer haar p, d, b en s agterstevoor nie, en kan al die letters herken en klank.
Sy sukkel nog met woordbou en nog ‘n bietjie met haar b en d. Sy klank ook nog baie as sy lees. Sy sukkel ook nog om die woordjie wat sy geklank het te skryf, en raak nog deurmekaar.
Daar is nog baie wat ons vir haar kan doen en sy het nog hulp nodig, maar ek voel dat Edublox die beste ding is wat ons vir haar kon doen.
Sy het die laaste paar maande so ongelooflik verbeter, so dat ek dit elke dag kon sien in haar werk en skrif.
Sy het ‘n pad gestap van waar sy niks verstaan het van klanke, rigting, geheue, of persepsie nie tot waar sy nou is: sy kan klank, sy ken haar rigting en het ‘n 3 (bemeester) op haar rapport vir rigting en vorm. Haar skrif het fantasties verbeter en haar visuele en ouditiewe geheue het ongelooflik in die kort tydjie verbeter. So ook haar selfvertroue.
Ek dink sy het baie bemeester en baie hard gewerk die laaste 4 maande.
Ek is baie trots op haar!
Ane van Noord