Ons het vir Xena ingeskryf by Edublox omdat sy disleksie het.
In 2014 moes ons haar oorplaas na ‘n tuisskool. Sy kon nie bybly met die skool en toetse en eksamens nie. Sy het glad nie goed gedoen nie en sou gedruip het.
Haar spelling het baie verbeter vandat sy na Edublox toe gaan. Sy het ook nou meer selfvertroue. Alhoewel sy nog hier en daar bietjie sukkel het haar punt baie verbeter. Sien aangeheg haar rapport.
Sy sukkel ook nog met haar Engels, so ons kyk om haar in die Engelse klas te sit en dan dalk ook later in die Mathblox-klas.
Ons is so dankbaar vir wat Edublox vir haar doen het.
Annelize Gouws
2 Februarie 2015
Xena se 2014 rapport: