From: Alta Kuhn [mailto:AltaK@fi…..]
Sent: 08 August 2016 07:42 AM
To: Mareli Swart <mareli@edublox.com>
Subject: Ruben Kuhn
Hi Mareli
Ek wil net weereens baie dankie sê vir die invloed wat Edublox op Ruben se skoolwerk en punte gehad het.
Alle vakke is op met ‘n simbool. Sy wiskunde het met 3 simbole verbeter! En dit in 3 maande. Ons het ‘n verbetering verwag maar was aangenaam verras met wat ons ontvang het. Hy het all sy vakke geslaag met die uitsondering van Afrikaans.
Tydens ‘n onlangse oueraand met die Afrikaanse onderwyser het sy vir ons gesê sy is baie tevrede met sy vordering en dat sy oortuig is dat dit net nog beter sal gaan. Sy het die volgende aan ons uitgelig:
- Sy leesvermoë het baie verbeter maar sy is bekommerd oor sy leesspoed.
- Leesbegrip het verbeter maar is nog nie waar dit moet wees nie.
Ek het gevra dat sy die puntestaat vir my stuur sodat ek dit aan jou kan oorgee (sien aangeheg).
Weereens baie, baie dankie vir die wonderlike werk wat julle gedoen het tot dusver!
Groete,
Alta