Reani Blom!

rr
Reani

Reani is 8 jaar oud en het 2010 begin met Graad 1. In die begin van die 2de kwartaal het haar juffrou met my gesels oor haar vordering en ‘n groot bekommernis was dat haar tempo en konsentrasie nie na wense is nie.

Reani het is deur ‘n opvoedkundige sielkundige gediagnoseer met ADD. Ek het begin soek op die internet na inligting oor ADD en het op Edublox se webtuiste afgekom. Susan het Reani geëvalueer en sy het het aanbeveel dat ons Edublox probeer. Reani het in die Junie-vakansie begin met die tuisoefeninge van Edublox en daarna het sy een keer per week gegaan vir sessies by Edublox.

Reani het elke sessie geniet, kon nie wag vir die volgende sessie nie en sy het sommer gou maatjies gemaak. Die selfvertroue wat sy na elke sessie gekry het, het gemaak dat my kind sommer blom! Haar lees het verbeter en die komplimente wat sy gekry het vir haar lees was oorweldigend!! Aan die einde van die 4de kwartaal het Reani se aandag en konsentrasie verbeter. Daar was sommer ‘n groot verbetering in die algemeen!

Reani se woordherkenning het verbeter. In die begin het sy gesukkel om ‘n woord te herken en het dit haar lank gevat om ‘n woord te klank. Deesdae herken sy woorde sommer vinnig en as sy nog sukkel dan klank sy die woord op haar vingers!

Haar lees van boeke het my verbaas. In die begin was dit regtig nag om net twee bladsye te lees; deesdae lees sy sommer 2 of 3 boekies vinnig en is dit vir haar lekker. Sy kan ook die stories beter onthou wat sy gelees het!

Haar konsentrasie en werkstempo het ook verbeter, sodat dit haar die helfte van die tyd neem om ‘n taak te voltooi.

Wanneer ons die tuisoefeninge doen verbaas dit my partykeer hoe gretig sy is om nog ‘n stap verder te gaan en ook hoe sy die kleure onthou!! Party dae kan ek net sê “WOW”. My vriendin wat gereeld by ons kuier het nou die dag ‘n opmerking gemaak dat sy in die algemeen ‘n groot verbetering in Reani kan sien en ook hoe sy Edublox geniet!

Soos aangedui op haar vorderingsverslag kan haar leestempo asook haar netheid nog verbeter.

Riana Rossouw


Voorbeelde van Reani se skoolwerk, voordat sy by Edublox aangesluit het: Klik hier.
.
Voorbeelde van Reani se skoolwerk, Augustus en September 2010: 
Klik hier.
.
Reani se vorderingsverslae, 1ste en 4de kwartaal 2010: 
Klik hier.
.
‘n Opdatering: Reani se vorderingsverslag, 2de kwartaal 2011: 
Klik hier.

Riana Rossouw Reani se moeder

Skip to toolbar