Positief Oor die Toekoms

melanie
Melanie

Melanie se ouers is geskei toe sy 7 jaar oud was. Daarna het haar konsentrasie agteruitgegaan. Sy het gedroom in klastyd en heeltyd by die venster uitgestaar. Mettertyd het Melanie se konsentrasie redelik verbeter. Begin 2012 het ons Krugersdorp toe verhuis. Melanie het by ‘n nuwe skool begin en was baie bang. Sy was baie benoud voor toetse en veral baie bang vir Wiskunde. Sy het een middag met ‘n Edublox-blaadjie by die huis gekom. Als het baie belowend gelyk en ons het haar ingeskryf die derde kwartaal van 2012.

Melanie se konsentrasie het baie verbeter vandat sy by Edublox is. Sy geniet dit vreeslik baie om Edublox by te woon. Haar selfvertroue het ook verbeter, en sy is nie meer so bang voor toetse en veral Wiskunde nie. Ek, die familie sowel as die skool het haar positiwiteit opgemerk. Ek is sommer baie positief oor die toekoms.

Hiermee wil ek dankie sê vir die verskil wat julle in my kind se lewe gemaak het.

Groete,
Kitty van Wyk

Kitty van Wyk Melanie se moeder

Skip to toolbar