–——- Original message ——–
From: Anja <anjafbotha@gmail.com>
Date: 24/11/2015 13:00 (GMT+02:00)
To: marelize@edublox.com
Cc:
Subject:
Middag Marelize,
Ek wil net eers begin deur BAIE dankie te sê vir wat julle vir my seun doen! Toe ons by julle aanklop om hulp was hy al so negatief omdat ons reeds by so baie terapeute was.
Na die eerste klas was hy al baie positief, ‘n eerste vir hom! Hy het, nadat hy net drie maande by julle was, gesê dat hy nou ‘n sin kan onthou wat Mnr sê en dit woord vir woord neerskryf! Hy hoef nie meer tyd te mors om die sin in die handboek te gaan soek nie!
Nou met die eksamen gaan dit netso goed! Hy is so positief en opgewonde om te leer omdat hy net soveel meer kan onthou, en die lekker is, dat meeste van wat hy onthou is wat hy in die klas gehoor het!
Baie, baie dankie!!
Dankbare Ma