Ek het Henro die begin van sy Graad 2 jaar ingeskryf. Hy verjaar in Desember en ek was bekommerd oor veral sy lees en omruil van letters. Sy gemiddeld vir lees in Graad 1 was ‘n 2 (gedeeltelik bereik) uit ‘n maksimum van 4.
Henro se lees het ongelooflik verbeter. Hy lees nou glad en kan moeilike woorde vinnig klank en identifiseer. Hy het einde Graad 2 ‘n 7 uit ‘n maksimum van 7 (uitmuntende prestasie) vir sy lees gekry.
Henro se skrif het ook ongelooflik verbeter. Dit is duidelik uit sy Graad 1 skrifte en die Graad 2 skrifte. Hy het ook met gemak vasskryf bemagtig. Henro ruil ook glad nie meer enige letters om nie.
Henro se Afrikaans en sy luistervaardighede het ook baie verbeter. Hy het einde Graad 2 ‘n 6 (uit 7) vir Afrikaans gekry waar hy in vorige kwartale ‘n 4 (uit 7) gekry het.
Henro se konsentrasiespan en luister het ook ongelooflik verbeter vandat hy by Edublox is.
Ninette Lambden
18 Januarie 2013