Nooit te Oud om te Leer Nie!

Feedback.3185717_stdFrom: Gerber, M Ms : Dir Human Resource Administration [mailto:GerberM@dirco.gov.za]
Sent: 29 July 2014 10:25 AM
To: Susan du Plessis
Subject: Anne-lize en Lee-Ann Venter
Importance: High

Beste Susan,

Jammer dat ek so lastig is, maar ek het die naweek amper van die stoel af geval toe Anne-lize uit die bloute vir my sê sy wil liewers middagskool toe gaan, want sy leer baie daar. Sy vertel gereeld, uit haar eie, vir mense hoe Edublox haar help en dat sy beter vaar met skoolwerk.

Verder, is dit asof Lee-Ann ook meer duidelik begin praat, wat so goed is vir haar selfbeeld en ek kan sien kinders begin haar ook beter verstaan. Sy vra elke dag of sy vir my kan lees (voorheen moes ek vir haar lees).

Ons het ‘n relatiewe stadige pas met die Edubrain-program, maar wat opmerklik is, is dat Lee-Ann vinniger vorder as Anne-lize. Op hierdie stadium doen ons 3 keer ‘n week die program met Lee-Ann en 2 keer ‘n week met Anne-lize.

Soveel mense, dit sluit skole en terapeute in, het gesê daar is nie ‘n manier hoe die dames se vermoëns op so ‘n laat ouderdom veel kan verbeter nie. Elke week sien ons ‘n verskil en ek wil net weereens baie baie dankie sê. Dis nog “early days”, maar dis ‘n “amazing” gevoel om die kinders so te sien vorder en te blom. En hulle het nog nie een keer gekla as hulle die Edubrain-program moet doen nie. Anne-lize kla net altyd oor die pyltjieoefening, maar sy doen dit.

Baie baie dankie.

Maureen Gerber
Deputy Director: HR Planning & Policy
Tel: 012-351-1386

Maureen Gerber Anne-lize en Lee-Ann se voog

Skip to toolbar