Neil Ontwikkel Selfvertroue

Neil
Neil

Neil is in Oktober 2009 by Edublox ingeskryf.

Hy het in die volgende leerareas probleme ondervind:

Geletterdheid

Sy b, d en j is omgeruil met woorde skryf. Daar was ook min logiese volgorde met sinne skryf. Neil se handskrif was ook nie op standaard nie. Hy het baie min selfvertroue gehad en wou nie alleen dinge aanpak nie.

Die oulike oefeninge wat Neil gedoen het vir die omruilings het dit sommer in ‘n japtrap reggestel.

Teen Mei 2010 het Neil reeds baie selfvertroue ontwikkel. Soveel so dat sy Juffrou hom gevra het om een oggend met skriflesing en gebed te open in die saal. Hy was so opgewonde oor die uitdaging en was glad nie bang nie, wat my totaal en al verbaas het. Hy het dit vol selfvertroue die oggend gedoen. Dit alleen was ‘n groot mylpaal wat hy behaal het.

Gesyferdheid

Alhoewel hy oor die algemeen baie goed gedoen het met gesyferdheid, was sy woordprobleme die een punt wat aandag moes geniet. Aan die einde van Gr.3 kan hy spog met 4’s vir al sy gesyferdheidassesserings.

Hier volg Neil se verbeterde skoolassesseringspunte:

Geletterdheid
   1) Sinne skryf 2 na 4
   2) Skriftelike werk 2 na 4
   3) Begripslees 2 na 3
   4) Vlot lees 3 na 4
   5) Mondelinge deelname 3 na 4
Gesyferdheid
   6) Probleemoplossing 3 na 4

.
Dankie aan Susan en haar span, met hul liefdevolle en opbeurende gesindheid wat sorg vir die beste moontlike ekstra hulp vir elke kind.

Edublox is ‘n moet vir elke kind!!!

Neil se vorderingsverslag, eerste kwartaal 2010:

Eerste vorderingsverslag

Neil se vorderingsverslag, vierde kwartaal 2010:

Finale vorderingsverslag

Mari-lett du Plooy

Mari-lett du Plooy Neil se moeder

Skip to toolbar