Elsa-Marie se moeder, Elmarie van Breda, skryf:
Elsa-Marie het maar nog altyd gesukkel op skool. Sy is nou in Graad 6 en het die einde van die eerste kwartaal uiters swak gedoen. As sy teen daardie trant aangaan sou sy nie Graad 6 maak nie. Met my seuntjie by Edublox het ek en my man besluit om haar ook by Edublox in te skryf, meer uit desperaatheid as iets anders. Sy het by Edublox begin die begin van die tweede kwartaal. Aan die einde van die tweede kwartaal het ons ‘n drastiese verbetering in haar skoolwerk gesien. Sy het in van haar vakke tot 15% verbeter. Sy het meer selfvertroue.