Johan was in Gr. 2 en het gesukkel om sy werk te verstaan, te konsentreer en om te lees. Sy juffrou het gesê dat hy getoets moet word en medikasie moet gebruik. Sy het ook gesê dat hy Gr. 2 nog sal deurkom, maar dat hy definitief Gr. 3 sal dop. Ons het hom by Edublox laat toets en dadelik ingeskryf vir klasse.
Johan toon meer selfvertroue met sy werk, sy lees het baie verbeter en hy sal sy onderwyser vra as hy nie iets verstaan nie, wat hy nooit voorheen gedoen het nie. Hy geniet die Edublox-klasse en het nog nooit gesê dat hy nie wil gaan nie.
Hy sukkel nog met wiskunde se woordsomme en die aanleer van tafels. Gelukkig word daar nou Mathblox aangebied. Baie dankie vir julle kursus om kinders te help met probleme, al is die pad langer dit word sonder medikasie gedoen.
M de Kock