Lees, Werkspoed en Konsentrasie Verbeter

michelle
Michelle

Michelle het in Gr 3 gesukkel om by te bly by die klas se werkspoed. Sy het baie stadig gewerk, het selde klaargekry in die eksamens. Die juffrou het ook soms ekstra tyd toegestaan aan Michelle en nog steeds het sy nie klaargekry nie. In wiskunde het sy baie gesukkel, want sy het nie verstaan wat sy gelees het nie. Sy het veral by woordsomme gesukkel. Sy het nog baie geklank en dus ook soms vergeet wat sy gelees het. Haar aandag word vinnig afgelei met die geringste geluid of beweging en dan vergeet sy waarmee sy besig was.

Ek was raadop en het nie meer geweet wat om te doen nie. Almal het gesê ek moet haar op medikasie sit. Ek was en is teen medikasie. Ek het dus my knieë gesak en gaan aanklop by die Here vir hulp en so het Edublox op my pad gekom. Ek het met Louna by die Paarl-tak gaan praat. Louna het my verseker dat ek die regte besluit maak deur Michelle in te skryf vir die klasse.

Michelle het ook gesukkel met haar Engels. Daar was nie veel aandag gegee aan die vak nie. Die uitspraak van Engelse woorde het sy baie mee gesukkel. Sy wou glad nie Engelse boeke uitgeneem het nie, want sy het gesukkel om te lees. Edublox het dit baie verbeter — dit het Michelle selfvertroue gegee om Engels te bemeester. Sy neem nou Engelse boeke uit om te lees.

Michelle het in die begin geklank as sy eintlik die woord moet lees. Sy lees ‘n gedeelte, dan stop sy by ‘n woord om dit te klank. As sy klaar die woord geklank het, het sy vergeet hoe die sin begin het. Nou lees sy meer en met Edublox se hulp is die klankery baie minder en lees sy met meer gevoel. Ek moedig haar aan om te lees.

Haar vermoë om vinniger te werk het ook verbeter. Sy maak haar werk klaar, sy voltooi haar toetse en eksamens in die gegewe tyd. Sy hou by by die klas se spoed. Sy sukkel nog ‘n bietjie maar het baie verbeter.

Haar konsentrasie word nie meer so baie afgetrek nie. Sy luister baie mooi.

In wiskunde sukkel sy nog so bietjie veral by woordsomme — sy lees die som, maar sukkel om te verstaan watter berekenings sy moet doen. Sy betwyfel haarself.

Alta van Eden


Michelle se Graad 3-rapport:

SKAAL:
 7: 80-100%, Uitmuntend
 6: 70-79%, Verdienstelik
 5: 60-69%, Beduidend
 4: 50-59%, Voldoende
 3: 40-49%, Matig
 2: 30-39%, Basies
 1: 0-29%, Ontoereikend

michelle-2

Haar Graad 4-rapport:

michelle-3

Alta van Eden Michelle se moeder

Skip to toolbar