Lees Verbeter van Swak na Goed

Feedback.3185717_stdMaré-Louise het altyd uitstekend in haar toetse en eksamens gevaar, maar ek moes ure en ure saam met haar sit en haar help. Dit het regtig baie lank geneem om deur haar werk te gaan en te leer.

Ek het ‘n afspraak by Edublox Paarl (Louna Spies) gemaak. Op 2 November 2013 was Maré-Louise vir ‘n assessering. Na assessering was dit duidelik gewees dat sy intensiewe aandag nodig het. Sy het ‘n 2 vir die ESSI leestoets gekry (waarvan 1 baie swak en 9 baie goed is). Sy het Desember 2013 die intensiewe kursus bygewoon en vanaf Januarie 2014 tot Oktober 2014 het sy een keer ‘n week Edublox-klasse bygewoon. Sy het ook Compublox tuis gedoen.

Maré-Louise se lees het baie verbeter (Afrikaans en Engels) en haar geheue het verskerp. Sy het NOOIT van lees gehou nie; groot was my verbasing toe ek een oggend in haar kamer in stap en sy lê en lees ‘n boek!! Toe ons met vakansie gegaan het, het sy vir haar boeke saamgeneem om te LEES!

Sy moes van Graad 3 af ‘n “reading aid” bril dra om haar te help wanneer sy lees en van die bord afskryf. Na 120 uur se klasse is dit nie meer nodig om haar bril te dra nie. Haar lees het op die ESSI verbeter van 2/9 (swak) na 7/9 (goed). Haar geheue van 70% na 92%.

Sy is meer gedissiplineerd as dit kom by leer- en huiswerk, ek hoef nie meer met haar te baklei om haar huiswerk te doen nie. Sy leer ook nou op haar eie.

Edublox het Maré-Louise weer lus gemaak vir skool gaan en lees!

Dankie Edublox
Lizelle Joubert


Maré-Louise se pragtige Graad 5-skoolrapport:

 

mlj

Lizelle Joubert Maré-Louise se moeder

Skip to toolbar