Craig het vreeslik gesukkel met sy lees. Sy juffrou het dit onder ons aandag gebring in die eeste kwartaal van graad 2 en toe ons hom by Edublox laat toets het, is daar gevind hy lees op ‘n lae graad 1-vlak. Ons het onmiddellik begin met lesse 2 keer per week om hom op die korrekte leesvlak te kry vir sy ouderdom. Craig het ook gevoel dat daar iets fout is met hom want baie van sy maats kon al goed lees en hy het regtig gesukkel om voor sy juffrou te lees. Sy lees was ook ongelooflik hakkelrig en hy het oor meeste woorde gestruikel. Hy wou by my weet hoekom hy so baie sukkel en sy maatjies kry die lees en spelling so maklik reg. Ek het toe geweet ons moet hom so vinnig as moontlik kry by Edublox want sy agterstand met lees affekteer nie net sy skoolwerk nie maar ook sy selfbeeld en selfvertroue.
Ons het binne die eerste paar maande al ‘n verskil gesien met sy daaglikse lees. Hy het verbeter op sy skoolrapport van ‘n 4 tot ‘n 6 en selfs sy juffrou het gesê dat hy baie verbeter het. Hy lees nou maklik ‘n skoolleesboekie van 32 bladsye op een dag. As ek kyk na sy vorderingsverslag het hy so verbeter dat hy binne 34.5 weke van 2 lesse per week na net 1 les kon gaan. Hy lees ook nou al op 5/9-vlak waar hy begin het op ‘n 1/9-vlak. Craig lees ook nou uit sy eie uit boeke wat hy uitneem by die skool se biblioteek en dit het nog nooit voorheen gebeur nie. Craig lees ook nou baie meer gemaklik voor die klas en sy juffrou. Sy spelling en skryfwerk het baie verbeter en elke week kan ons nou ‘n begripstoets klaarmaak. Sy selfbeeld het ook vreeslik verbeter en hy voel nie meer asof hy sukkel en nie so goed doen soos sy maats nie.
Monique, ek wil net vir jou ‘n groot dankie se vir als wat jy vir Craig gedoen het die jaar. Hy het soveel verbeter en selfs hy voel al beter oor homself. Edublox het regtig ‘n GROOT verandering gemaak in ons almal se lewens. Baie baie dankie.
Maritza Rothmann