Marko is 7 jaar oud, en het in 2013 sy skoolloopbaan begin. Sy onderwyseres het in Maart by die eerste oueraand aan ons onvoorbereide Afrikaans en Wiskunde toetse gewys. Marko het gesukkel met lees, spel en wiskunde. Sy Juffrou was eerlik met ons en het gesê dat Marko die swakste leerling in die klas is, en dat hy gaan druip, My grootste vrees op die stadium was, “wat sê ek vir Marko wanneer sy tweeling sussie bevorder word na graad 2, en hy moet graad 1 herhaal?” Ek het op die internet gaan hulp soek, en op Edublox se webtuiste afgekom, al die suksesverhale gelees en sommer dadelik ‘n afspraak gemaak sodat Marko getoets kan word.
Marko se uitslae was skokkend en het hy einde Mei by Edublox met twee klasse per week begin. Marko het gedurende die Junie skoolvakansie die vakansiekursus bygewoon. Sy lees, spelling en wiskunde het in die derde kwartaal aansienlik verbeter. Sy finale rapport vir Graad 1, het ons verwagtinge oortref, en sy Juffrou kon nie glo dat hy so verbeter het nie. Dit is wonderlik om te hoor dat Marko nie meer van homself praat as die “domste kind in die klas nie” maar as iemand wat elke dag net beter en beter wil doen. Edublox het nie net gewerk vir akademiese prestasie nie, maar ook‘n reuseverskil aan my kind se selfvertroue gemaak.
In 2014 wil ek graag hê Marko se sinne, skrif en konsentrasie moet nog verbeter. Ek moet hom nog gereeld ekstern aanmoedig om skooltake te voltooi, en Marko kan goeie sinne uitdink en vir my sê, maar hy sukkel nog om dit neer te skryf.
Baie dankie aan Marietha en haar span, vir julle harde werk en moed inpraat. Daar is geen leer- en leessentrum wat werk soos Edublox nie.
Groete,
Danie en Corné Grobler
Marko se Afrikaanse punte het verbeter van ‘n 3 na ‘n 6, en sy wiskunde van ‘n 3 na ‘n 6:
EVALUERINGSKODES 7 Uitmuntende prestasie 80 – 100% 6 Verdienstelike prestasie 70 – 79% 5 Beduidende prestasie 60 – 69% 4 Voldoende prestasie 50 – 59% 3 Matige prestasie 40 – 49% 2 Basiese prestasie 30 – 39% 1 Ontoereikende prestasie 0 – 29%