Lees Nou ‘n Plesier

janine
Janine

Dit is vir my voorwaar ‘n voorreg om hierdie skrywe aan u te rig en u te bedank vir dit wat die Leeskliniek vir Janine beteken. Ons kon werklik al vanaf die eerste week ‘n verbetering in haar leesvaardighede bespeur. Sy het die leeswerk wat hulle by die skool gekry het ook met meer selfvertroue begin aanpak en lees.

Haar algemene selfvertroue het skielik begin verbeter sedert sy by die Leeskliniek begin het. Haar taalvaardighede verbeter ook en daar is ‘n merkbare verbetering in haar kommunikasie. Ek moet erken dat dit party dae moeilik gaan om aan die gang te kom met die oefeninge, maar die beloning is beslis daar om die vordering te sien.

In die verlede het dit telkens gebeur dat Janine laat blyk het dat sy glad nie van lees hou nie. Dit het skielik verander en sy lees deesdae ook vir haar maatjies voor as hulle kom kuier. Waar daar ook in die verlede vir ure gesukkel is met haar leesles van die skool, bemeester sy dit deesdae binne twee tot drie keer wat sy ‘n les deurlees.

Ek kan dus net sê dat ons slegs positiewe veranderings bespeur by Janine sedert sy begin het by die Leeskliniek en ons kan dit ten sterkste aanbeveel vir enige ouer om sy/haar kind daarheen te neem.

Lukas en Annemarie Kruger

Lukas en Annemarie Kruger Janine se ouers

Skip to toolbar