From: Marisa [mailto:marisavdw@……]
Sent: Tuesday, October 20, 2015 8:04 AM
To: ‘Nicolene Potgieter’
Subject: Terugvoer oor Oueraand
Goeie dag Nicolene,
Baie dankie vir gisteraand se oueraand. Dit was baie insiggewend om te sien wat Jaco is sy klasse doen en meer te verstaan oor wat hy alles moet bemeester. Ek is so trots op Jaco wat regtig hard werk en baie opgewonde is oor sy klasse. Dikwels is hy nie lus om te gaan nie, maar elke keer kom hy uit met ‘n groot glimlag en ek kan sien dat hy dit baie geniet.
In die tydperk wat Jaco by Edublox is kan ek werklik ‘n groot verandering by Jaco sien. Hy lees met baie meer selfvertroue en vra gereeld of hy vir sy sussies Bybel in die aand kan voorlees — iets wat hy nooit wou doen nie. Hy is baie vinniger met huiswerk en besef al hoe meer dat die verantwoordelikheid by hom lê. Jaco begin om te werk vir sekere punte in sy skoolvakke en die Studiblox-kursus het ook baie bygedra tot die nuwe uitkyk.
Ek is so dankbaar dat ons by julle kon uitkom om vir Jaco op ‘n positiewe en baie suksesvolle manier te help sodat hy na sy potensiaal toe kan werk. Hy is mal oor sy tutors en ek het gisteraand net weer besef dat ons Hemelse Vader nooit sy kinders in die steek laat nie. Ek bid saam met julle dat elke kind geseën mag word en ook elkeen van julle.
Dankie vir al julle harde werk en julle geduld en liefde teenoor die kinders.
Mag julle ryklik geseën word!
Baie dankie
Marisa vd Walt