Lees, Leesbegrip, Spelling en Selfvertroue Verbeter Handomkeer

Brendan
Brendan du Plooy

Brendan se moeder skryf:

Brendan het in Oktober 2014 by Edublox begin.

Sy selfvertroue was omtrent “non existing”. Hy het in eksamentyd van die eerste kwartaal geskuif na Eduplex in Queenswood.

Brendan het gehoorverlies opgedoen toe hy omtrent 3 of 4 jaar was. Dis eers in Gr. R gediagnoseer. Alhoewel hy ‘n gesprek kan voer, mis hy hoë frekwensie klanke, d.w.s. hy het heelwat agterstand in sy woordeskat ens.

Hy is so skerp, want hy het ons lippe “skelm gelees”. Hy het onbewustelik aangeleer, om nie te konsentreer of te luister nie (want ek kan in elk geval nie hoor nie). Sy selfvertroue was baie min. Hy dra gehoorapparate en was sy hele skoolloopbaan sover by ‘n gewone skool.

Teen Januarie 2015, na +/- 3 maande by Edublox, is daar reeds ‘n massiewe verskil op verskeie vlakke van sy werk en emosionele welstand. Hy het hierdie jaar sommer met trots en baie meer selfvertroue begin by sy skool. Sy fokus (konsentrasie) het regtig baie verbeter. Sy begripstoets verlede jaar Januarie 2014 se punt was 8½/20. Sy begripstoetspunt in Januarie 2015 het gestyg na 13½/15. Dis unbelievable!!! Ek het dubbel seker gemaak en gekyk of dit regtig sy naam is op sy Afrikaanse werk. Sy spelling het omtrent handomkeer verbeter. Wow!!!

Dankie Edublox vir die ongelooflike positiewe verandering wat julle in my kind gebring het, op baie vlakke. My moederhart is nou baie meer gerus. As DIT is wat Edublox vir hom beteken net na omtrent 3 maande, dan kan ek nie wag om sy positiewe veranderings na die jaar te beleef nie.

Mag God, Edublox en sy span uit hulle skoene seën!!

Aangeheg is ‘n foto van Brendan. ‘n Afskrif van sy skrif, Jan. 2014 is aangeheg, en dan ‘n Jan. 2015 afskrif. Aangeheg ook begripstoetse uitslae, verlede en hede.

Groete
Mari-lett du Plooy

 

Brendan se skoolwerk voordat hy by Edublox begin het:

Brendan_gr4_jan_2014_skrif

Begripslees, spelling en handskrif toon verbetering na drie maande:
Brendan_gr5_jan_2015_skrif

 

Mari-lett du Plooy Brendan se moeder

Skip to toolbar