From: Malani Basson [mailto:malanibasson@……]
Sent: 23 March 2017 11:29 AM
To: Info <info@edublox.com>
Subject: JD Fourie – graad 1
Hi Louna,
Soos gevra stuur ek iets oor JD…x
JD het omtrent ‘n jaar gelede, in sy graad 0 jaar, by Edublox Paarl aangesluit, nadat ons hom in ‘n Engelse skool gesit het (ons huistaal is Afrikaans). Ons wou oorspronklik sy Engelse vaslegging verbeter en het in die proses soveel meer gekry! Nadat ons Edublox bietjie nagevors het, was ons baie beïndruk met die goeie resultate wat hulle leerders behaal.
Louna en haar span is ongelooflik ondersteunend en het soveel empatie gehad as JD ‘n slegte dag gehad het en frustreerd geraak het. Hy is graad 1 vanjaar en is besonders ver voor vir sy graad. Hy het vlot gelees voor hy graad 1 toe is deur hulp van Edublox en hulle leesprogram, en waar hy voorheen nie kon weergee as hy na ‘n storie geluister het of probeer lees het nie, is dit vandag 100% ‘n ander storie. Sy onderwyseres het hom in kwartaal 1 van graad 1 op kwartaal 4 se leesregister gesit, en as gevolg van sy uitstekende konsentrasievermoë voltooi hy taak vir taak tot hy klaar is, sonder dat sy aandag beïnvloed word, wat voorheen deel van die probleem was.
Ek kan Edublox ten sterkste aanbeveel en in ons geval, hoe vroeër hoe beter! Ons is steeds op die program en sal nog vir lank wees. Dis sekerlik die beste belegging wat ons in JD se toekoms kon maak tot op datum, en ons pluk die vrugte daarvan daagliks.
Dankie Louna, haar wonderlike span en Edublox vir ‘n ongelooflike program!
Malani