From: Laurette Venter – HS Noordheuwel [mailto:laurette@no….]
Sent: Friday, May 30, 2014 10:16 AM
To: ‘Nicolene Potgieter’
Subject: Chereze Venter
Hi Nicolene
Jammer ek stuur nou eers die briefie.
Hiermee wil ek net vir jou en Edublox bedank vir die wonderlike werk wat julle vir die kinders doen en die wyse waarop julle dit doen. Toe Chereze in 2012 by julle instap, was sy baie onseker met min selfvertroue. Edublox het haar gegroei tot ‘n volwaardige leerling by Noordskool. Soos jy self kan getuig het haar lees en begrip drasties verbeter. So ook haar selfvertroue in die klas. Sy leer makliker en is ‘n ander kind. Sy was die eerste kwartaal van hierdie jaar 8ste op die Top 10.
Dankie weereens vir julle geduld en liefde, Chereze het haar tydjie by julle vreeslik geniet. Ek het haar nie een dag gedwing om te gaan nie en sy het regtig hard gewerk.
Groete en sterkte met die goeie werk wat julle doen!
Laurette Venter
T: 011 954 1032 / F: 011 954 1033
www.nories.co.za