Ons het by Edublox aangesluit omdat Gerhard gesukkel het om te lees.
- Hy het baie woorde geklank, en nie vlot gelees nie.
- Sy leesspoed was nie op standaard nie.
- Sy geheue oor wat hy gelees het, of na geluister het, was nie goed nie.
- Na twee kwartale van spraakterapie en spelreëls, het ek nie ‘n vreeslike groot verbetering gesien nie.
- Hierdie toets het my laat besluit om iets anders as spraakterapie te probeer:
Verbetering:
- Gerhard klank nou omtrent nie meer nie, en lees baie vlotter.
- Ek weet nie wat sy leesspoed nou is nie, maar ek verwag dat dit beter is as toe ons begin het.
- Hy let beter op en onthou meer detail.
- Sien voorbeelde van Gerhard se speltoetse nadat hy by Edublox aangesluit het:
Gerhard maak nog steeds foute, soos hoofletters aan die begin van ‘n sin, name ens. Dit hang net af of hy op dié reëls konsentreer of nie.
Maja Lötter