Leer Is Nou Pret!

Feedback.3185717_stdFrom: Marlene
To: Edublox PTA East
Sent: Saturday, October 20, 2012 1:59 PM

Subject: Rapport

Geagte Susan

Dit is met groot blydskap dat ek hierdie rapport vir jou aanstuur.

Ons storie is as volg:

My seun is 9 en in Graad 4. Hy het veral gesukkel met lees en spel, en toe ons in Graad 4 land, waar lees belangrik is omrede daar geleer moet word….het dinge nie vir ons baie rooskleurig gelyk nie. Ons het in Maart 2012 by Edublox aangesluit, nadat veral die Engelse punt vir my kommerwekkend was.

My seun het 2x per week begin klasloop by Edublox Elarduspark. Alhoewel die lang ure en rondry vir beide van ons baie geword het, begin ons die vrugte daarvan pluk, en weet ek eerlikwaar nie wie die blyste daaroor is nie. Ek dink tog dit is ek!

Ons het 14% in ons gemiddeld gegroei, in 7 maande se tyd. Soos ook deur Susan aan my verduidelik het, sal ons eerste verbetering in die leervakke sien, en daarna Afrikaans & Engels. Ek is baie tevrede met die Engelse punt op hierdie stadium, en alhoewel ons nog nie is waar ons wil wees nie, is daar al ‘n verbetering van 16%. Selfs Wiskunde, NW, LO, EBW en Tegnologie het verbeter.

Danksy Edublox, en hulp en ondersteuning vanaf julle en soveel ander mense, sien my seun weer kans vir skool, en het leer ontaard in iets wat pret is. Daar is mos geen beter motivering as om die resultate swart op wit te sien nie!

Baie dankie Susan en span – ons sien uit na die einde van die jaar se punte!

Groete

Marlene


mk-01

Marlene Moeder

Skip to toolbar