Jy het reeds afskrifte van Kian se rapport van die begin van die jaar (voor Edublox) en dan ook van die tweede kwartaal (by Edublox) gemaak. So hiermee wil ek net graag gou ‘n briefie skryf oor Kian se vordering en verandering vandat hy by Edublox is.
Vandat Kian in Mei 2013 met Edublox begin het, het ons definitief ‘n baie groot verandering in hom gesien.
Huiswerk het ons gewoonlik 2 ure gevat elke middag en dit was net een groot stresvolle sessie. Vandat Kian met Edublox begin het, is huiswerk definitief baie makliker. Dit vat ons nie meer die hele middag nie en dit is baie minder stressvol!! Kian se lees het ook baie verbeter. Hy lees baie makliker en ook baie vinniger! Sy juffrou het hom ook geskuif van die rooi leesgroepie na die geel leesgroepie! Dit was ‘n aansporing vir Kian gewees.
Wat ek ook nog agtergekom het is dat Kian se konsentrasie baie verbeter het. Hy kan my nou al by die huis presies kom vertel wat hul vandag in die skool gedoen het en dan ook voorbeelde gee. Waar voorheen hy nie eintlik kon onthou wat in die klas gebeur het nie. Sy Afrikaanse punt op sy rapport het mooi opgekom van die eerste tot die tweede kwartaal.
Maar ek dink die grootste verbetering wat ek opgemerk het is dat Kian se selfvertroue baie verbeter het. Ek glo juis dis daaroor dat al die ander goedjies by die skool begin verbeter het. Hy het voorheen nie meer in sy vermoë geglo nie en nou glo hy weer dat hy “slim” is en die regte dinge kan doen. Ek dink dit is een van die beste dinge wat met ‘n kind kan gebeur, om in hul eie vermoë te glo!
Weereens baie dankie vir al die harde werk en BAIE liefde wat julie vir my kind gee. Elke middag as ons daar by Edublox uitstap kan ek sommer net sien hoe breed my kind se bors is, so trots is hy op homself en dit is as gevolg van al die motivering, prysing en liefde wat hy daar by julle kry!!
Greta Victor
Systems Analyst
Designer II
Group Technology
105 West Street
Sandton