Jadin Verbeter Merkbaar

Jadin
Jadin Oosthuizen

Jadin Oosthuizen en sy ouers trek in Januarie 2014 van Durban na Polokwane. Dis gou duidelik dat Jadin nie die mas opkom nie. Jadin sukkel onder andere met konsentrasie, ouditiewe geheue en lees, soos gesien kan word in die eerste verslag, geskryf deur sy klasjufrrou. Die tweede verslag wys hoeveel Jadin verbeter het, danksy twee Edublox-klasse per week.

Verslag aangaande Jadin Oosthuizen

10 Januarie 2014
Jadin was die eerste kwartaal van sy gr 2 jaar in my klas. Hy is ‘n dierbare seuntjie met ‘n baie mooi persoonlikheid. Hy was egter nie heeltemaal op standaard toe hy van Kuswag in Amanzimtoti na ons toe gekom het nie. Jadin kon slegs vir baie kort tye konsentreer. Hy het baie gou moeg geword en dan sy werk heeltemaal gestaak. Alhoewel hy heel voor in die klas gesit het en ek hom heeltyd geroep het, kon ek nie daarin slaag om sy aandag vir baie lank te hou nie. Veral as ons besig was met baie ingewikkelde werk het hy gou tou opgegooi en moedeloos geword. Sy leesspoed was op daardie stadium 24 woorde per minuut.

25 Maart 2014
Dr Wichum toets vir Jadin. Sy het aanbeveel dat hy na ‘n oudioloog toe gaan. Sy moeder het hom na Ronel Killian geneem. Mev Killian het bevind dat Jadin se ouditiewe geheue sy groot probleem is. Hy was glad nie in staat om ‘n opdrag te onthou nie. Sy moeder het hom ook na Edublox geneem. Hy het twee maal per week na Lizani gegaan.

9 April 2014
Jadin is vreeslik ongeorganiseerd en onselfstandig. Hy soek heeltyd alles. Hy verloor gedurig sy skryfbehoeftes ens. As sy ma nie sy boeke in sy tas gesit het nie, kon hy dit nie kry nie. Jadin voer slegs ‘n kwart van sy opdragte uit.

14 April 2014
Ek het vir mev Oosthuizen gesê dat ek baie bekommerd is oor Jadin. Hy voer geen opdragte reg uit nie. Jadin verstaan glad nie die nuwe minus of geldsomme nie.

16 April 2014
Mev Oosthuizen stem saam met my dat ons Jadin na Juf. Carina se klas moet skuif. Carina is ‘n remediërende onderwyseres. Jadin se ma werk baie hard met hom, maar hy is net te stadig vir ons skool. Hy ken sy gedrilde werk baie goed, maar enige nuwe werk is vir hom moeilik.

Baie dankie
Karen Muller

Aan die einde van die skooljaar berig Jadin se klasjuffou soos volg:

Wie dit mag aangaan

Jadin se punte het mooi verbeter hierdie jaar:
Afrikaans van 54% tot 64%
Wiskunde van 42% tot 64%
Engels van 61% tot 69%

• Sy werkstempo is ook vinniger. Waar hy werksopdragte nooit voltooi het nie, gebeur dit nou selde.
• Geheue en luistervermoë het ook merkbaar verbeter.
• Leesspoed en leesbegrip het ook mooi verbeter.
• Ruimtelike probleme is ook opvalled minder maar het nog nie heeltemaal verdwyn nie.
• b/d verwarring kom nog soms voor.
• Woorde word nog soms in sinne teen mekaar geskryf sonder die nodige spasies.
• Ek as juffrou is baie tevrede met sy vordering.

Me Carina van Niekerk
Gr 2P klasjuffrou

Me Carina van Niekerk Jadin se klasjuffrou

Skip to toolbar