Hazel het baie gesukkel met lees en het haar letters omgedraai soos b en d. Haar werskpoed was ook baie stadig gewees – sy kon nie opdragte in klas voltooi in die bepaalde tyd nie.
Haar leesspoed het baie verbeter – haar onvoorbereide lees kan sy ook nou sommer baie selfversekerd lees. Die daaglikse leeslesse wat sy kry om te lees gaan ook nou vinniger. Haar werkspoed het so “improve” – haar onderwyseres is baie beïndruk met haar vordering.
Hazel is as ”Aandagafleibaar” gediagnoseer – dus neem dit haar baie langer om ‘n skryftaak in die klas te voltooi. Sy gebruik ook Ritalin 20mg.
Hazel het April 2016 begin by Edublox so sy is nog nie ‘n volle jaar besig met die Afrikaanse klasse nie – sy sukkel nog soms met die omdraai van die b en d klank – maar sy vorder baie goed. Ons ergste bekommernis was dat sy nie Graad 3 sal maak nie omdat haar werkspoed so stadig was. Hazel se onderwyseres het ons verseker sy sal die jaar slaag, sy moet net volhou met die Edublox-klasse wat haar baie vir Graad 4 sal help!
Angelique Owens
Hazel se kwartaal 1-rapport:
SKAAL:
7: 80-100%, Uitmuntend
6: 70-79%, Verdienstelik
5: 60-69%, Beduidend
4: 50-59%, Voldoende
3: 40-49%, Matig
2: 30-39%, Basies
1: 0-29%, Ontoereikend
Hazel se kwartaal 3-rapport: