Vanaf Graad 1 het Mylize al gesukkel met lees en selfvertroue met haar huiswerk. Sy het vanaf Gr 1 RO klassies bygewoon by die skool en ek het telke male met die juffrouens probeer kyk waar die fout lê. Ons het dit altyd afgemaak dat sy ‘n dromertjie is en nie genoeg aandag in die klas gee nie. Min het ek geweet dat met die regte hulp sy sou blom en ons verwagtinge oortref. Ek het verlede jaar op die internet gesoek vir hulp en op Edublox se blad afgekom.
Sy het nou maar eers bietjie meer as ‘n kwartaal agter die rug by Edublox en sy is ‘n heel ander kind. Sy het baie meer selfvertroue by die skool en by die huis. Ek betrap haar gereeld dat sy vir haar boetjie sit en boeke lees wat sy nooit sou doen nie. Sy het in ‘n oogwink haar huiswerk op haarself geneem en ek kontroleer nou net in die aande dat dit gedoen is en reg is. Sy doen alles self. Haar rapport van verlede jaar wys nog nie regtig iets nie want die laaste kwartaal se punt is die gemiddeld van die vier kwartale, maar haar toetspunte wat ons terug gekry het was ‘n baie groot verbetering. Van haar Wiskunde toetse was tot 100% gewees. Ek besef nou sy is baie goed met Wiskunde, maar kon nooit die woordsomme lees en verstaan nie. Haar Wiskunde RO rapport is pragtig en sy hoef van die jaar (Gr 5) af nie meer Wiskunde RO klasse by te woon nie. Ons werk nog hard aan die Afrikaans, maar daar is lig in die tonnel.
Ek is so opgewonde oor dit wat nog gaan kom en dat sy ‘n skoolloopbaan sal hê wat vir haar nie slegte herinneringe sal gee nie maar goeies.
Baie dankie Annelize en Monica, julle is sterre!
Groete
Annelize Eloff
23 Januarie 2014