Geagte EDUBLOX
Graag wil ek net Edublox prys vir die goeie werk wat julle doen. Ons dogtertjie Stephane was 8 jaar oud en in graad 2 toe ons agtergekom het sy het ‘n leesprobleem. Sy kon nie vlot lees nie, en het amper al die woordjies hardop uitgespel, letter vir letter.
Ons het dadelik vir Lizani by Edublox gaan sien om vas te stel wat is die graad van Stephane se agterstand. Na die assessering was dit duidelik gewees dat Stephane intensiewe aandag nodig het om die agterstand in te haal. Ons het dat Stephane die intensiewe kursus bywoon. Vandaar af woon sy elke week die Edublox klasse by.
Ons is Edublox ewig dankbaar, daar is ‘n groot verbetering in Stephane se leesvaardighede asook haar geheue het verskerp. Ons kan die program aan enige iemand aanbeveel. Baie sterkte met al julle toekomstige diens.
Groete
Corne Schoeman-Groenewald
0824397311