Anika het vanaf haar derde termyn in Graad 1 ernstig gesukkel met voorbereide lees. Haar leesbegrip was ook nie goed nie. Sy het dikwels haar b’s, d’s en p’s omgeruil en haar spelling was ook swak. Ons het haar op aanbeveling vir arbeidsterapie geneem om haar te help om die bogenoemde probleme uit te sorteer. Na 5 maande se arbeidsterapie en min vordering in Graad 2, het ons besluit om haar in te skryf by Edublox. Na haar evaluasie met Susan het dit duidelik geblyk dat sy ‘n agterstand het met lees en spelling.
Anika toon beslis goeie vordering sedert sy met Edublox-klasse begin het. Sy lees met baie meer selfvertroue, waar sy vroeër weggeskrum het van lees. Sy lees vlotter en klank ook nie elke woord wat sy lees nie. Haar spelling het definitief ook vordering getoon. Haar leesbegrip is ook baie goed.
Anika sukkel nog soms met die spelling en haar lees kan nog verbeter. Sy sukkel ook nog soms met konsentrasie en aandagspan. Oor die algemeen is ons baie tevrede met haar vordering die laaste paar maande.
Baie dankie aan die Edublox-personeel wat baie geduldig en toegewyd is. Hulle moedig Anika heeltyd aan en sy is gemotiveerd om nog beter te doen.
Groete
Lindie Geyser
lgeyser@momentum.co.za