Dieter het gesukkel met lees en konsentrasie. Ek het hom in Desember 2014 geneem vir ‘n evaluasie by Edublox in die Moot by Marelize, wat bevestig het dat Dieter se leerprobleme as gevolge van rigtingsin is.
Dieter se lees- en begripstoetse het baie verbeter. Sy woordsomme is ook al baie beter. Hy het baie goed presteer in Afrikaans, Engels en Wiskunde. Sy akademiese selfvertroue veral met lees en in homself glo het baie verbeter.
Dieter ruil nog van tyd tot tyd getalle en klanke om. Maar ek dink dis wanneer hy moeg is. Sy gebruik van leestekens kan ook verbeter. Woordsomme bly maar soms nog ‘n probleem.
Luzanne Lotter
8 Oktober 2015
Dieter se klasonderwyseres skryf:
Wie dit mag aangaan
Dieter het in 2015 in graad 2 by my begin. Hy het baie met veral Wiskunde gesukkel. Hy het gesukkel met konsepte soos woordsomme, verdubbel en halveer, kombinasies en geld. Hy het n gemiddeld van 3/7 gehad vir die eerste en tweede kwartale.
Met baie harde werk en deursettingsvermoë het Dieter in die derde kwrataal ‘n gemiddeld van 6/7 vir Wiskunde behaal.
Ek is baie trots op hom. Hy het baie hard gewerk en verwerf ook dan ‘n brons prestasie op meriete aand vir Wiskunde.
Vriendelike groete,
Me. Adelette van Greuning
Curro Roodeplaat
28 Oktober 2015