Gevallestudie: Van ‘Swak’ na ‘Bo-Gemiddeld’ met Lees

Pieter se ma het Edublox gekontak omdat sy baie bekommerd was oor sy lees. Sy leesspoed was stadig en sy leesbegrip swak, en hy het letters soos b en d verwar.

Op 3 Mei 2011 word Pieter, ‘n Graad 4-leerder, by Edublox geëvalueer.

Essi-leestoets

Pieter word getoets met die Essi-leestoets, op ‘n Graad 4, tweede kwartaal-vlak.

Van kinders wat die toets doen behaal

4% ‘n stanege van 1 (BAIE SWAK)
19% ‘n stanege van 2 of 3 (SWAK)
54% ‘n stanege van 4, 5 of 6 (GEMIDDELD)
19% ‘n stanege van 7 of 8 (GOED) en
4% ‘n stanege van 9 (BAIE GOED)

Pieter lees 8 van die 20 woorde korrek, en behaal sodoende ‘n stanege van 3 (SWAK). Die foute wat hy gemaak het is oor die algemeen klein: vyf van die woorde het hy byvoorbeeld éérs geklank, maar toe wel korrek gelees; prokureur is gelees as prokuneur, en koringare as koringgare.

Hardoplees

Pieter se spoed met hardoplees is 106 woorde per minuut.

Essi-speltoets

Pieter word ook getoets met die Essi-speltoets, op ‘n Graad 4, tweede kwartaal-vlak. Hy behaal ‘n stanege van 5 (GEMIDDELD).

Oorsaak

Die oorsaak van Pieter se leesprobleem was voor die hand liggend: hy het ‘n probleem met rigtingsin gehad, sowel as ‘n swak ouditiewe geheue en ‘n beperkte oogspan.

Vaardigheid getoets:

Vormwaarneming

Visuele Geheue

Ouditiewe Geheue

Oogspan

Logiese Denke

Persentasie behaal:

100%

84%

50%

56%

63%

SKAAL:

90%-100% — Baie goed/Ontwikkeling sal vaardigheidsvlak verder verhoog.

80%-89% — Goed/Ontwikkeling sal die vaardigheidsvlak verder verhoog.

70%-79% —Gemiddeld/Ontwikkeling word benodig.

0%-69% — Ondergemiddeld/Ontwikkeling is noodsaaklik.

Aanbeveling

Daar is aanbeveel dat Pieter een Edublox-klas per week bywoon. Huiswerk van ‘n paar minute per dag is gegee om sy probleem met rigtingsin te help oorkom.

Resultate

Aan die einde van 2011 word Pieter volledig geherevalueer. Op die Essi-leestoets, gemeet op ‘n Graad 4, vierde kwartaal-vlak, lees hy 15 van die 20 woorde korrek en behaal sodoende ‘n stanege van 6 (BO-GEMIDDELD).

Hy spel 14 van die 20 Graad 4-woorde korrek. Gemeet op ‘n Graad 4, vierde kwartaal-vlak behaal hy dus ‘n stanege van 5 (GEMIDDELD).

Sy spoed met hardoplees is nou 120 woorde per minuut.

Sy ouditiewe geheue en oogspan toon ‘n groot verbetering:

Vaardigheid getoets:

Vormwaarneming

Visuele Geheue

Ouditiewe Geheue

Oogspan

Logiese Denke

Persentasie behaal:

100%

92%

92%

71%

100%

SKAAL:

90%-100% — Baie goed/Ontwikkeling sal vaardigheidsvlak verder verhoog.

80%-89% — Goed/Ontwikkeling sal die vaardigheidsvlak verder verhoog.

70%-79% —Gemiddeld/Ontwikkeling word benodig.

0%-69% — Ondergemiddeld/Ontwikkeling is noodsaaklik.

Daar is aanbeveel dat Pieter vir nog 2-3 maande met die Edublox-klasse volhou en daarna die Studiblox-studiemetodekursus doen.

 

Pieter is ‘n skuilnaam.

Gevallestudie

Skip to toolbar