Gevallestudie: Van Moedeloos tot Uitblinker

Graad 1

René, saam met haar ma, het op 20 November 2009 by Edublox Pretoria-Oos aangemeld vir ‘n evaluasie. René het Gr 1 gedruip.

René kon nie lees nie. Op die Essi-leestoets kon sy slegs één woord herken, en op die Essi-speltoets kon sy slegs drie woorde korrek spel. Die woord “hoe” is geskryf as “ots”, “mooi” as “msmom”, “duif” as “twv”, ensovoorts.

Die oorsaak van René se lees- en spelprobleme was voor die hand liggend: die grondvaardighede van lees en spel was nog nie geoutomatiseer nie. Haar vormwaarneming was besonders swak, en die ander grondvaardighede nie veel beter nie:

 

Vaardigheid getoets:

Vormwaarneming

Visuele Geheue

Ouditiewe Geheue

Oogspan

Logiese Denke

Persentasie behaal:

8%

50%

28%

57%

0%

SKAAL:

90%-100% — Baie goed/Ontwikkeling sal vaardigheidsvlak verder verhoog.

80%-89% — Goed/Ontwikkeling sal die vaardigheidsvlak verder verhoog.

70%-79% —Gemiddeld/Ontwikkeling word benodig.

0%-69% — Ondergemiddeld/Ontwikkeling is noodsaaklik.

 

Vormwaarneming kan beskryf word as die vermoë om vormverskille tussen onderskeie voorwerpe te kan waarneem. Dit is een van die mees basiese diskriminasies wat ‘n kind moet kan maak. Enige kind met swak vormwaarneming het beslis ‘n groot agterstand wanneer hy met skoolverwante aktiwiteite van enige aard gekonfronteer word. Daar is skaars enige akademiese aktiwiteit te bedink wat nie van die kind verwag om vormwaarnemings te maak nie.

Die ooglopendste klasaktiwiteit wat van die kind vereis om vormonderskeidinge te maak, is lees. Die aanleer van die letters van die alfabet, lettergrepe en woorde sal beslis belemmer word as die kind probleme ondervind met die waarneem van die vorms van letters, lettergrepe en woorde.

Graad 1 (herhaal)

Omdat René ver van ‘n Edublox-kliniek af woon, is ‘n tuisprogram vir haar saamgestel en ma en kind het getrou deur die jaar gewerk.

Graad 2

Einde April 2011 ontvang ons ‘n epos met baie goeie nuus: René was in die koerant omdat sy ‘n gemiddeld bo 85% in die eerste kwartaal in Gr 2 gehandhaaf het! Haar ma skryf:

“Hierby aangeheg is terugvoering in ‘n berig oor hoe goed die Edublox program werk.

“In November 2009 het ons by jou aangeklop (moedeloos) na verskeie terapeute en oefening. Ons kon nie die klasse bywoon nie maar jy het dadelik ingespring en ‘n program vir Renè uitgewerk. Ons spandeer elke dag 20 min aan die program en pas dit stelselmatig aan soos sy vorder.

“Renè het in 2010 in graad 1 baie goed gevorder, maar in graad 2 is sy ‘n uitblinker. Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om jou te bedank vir jou hulp met Renè. Ek beveel Edublox aan hetsy die leerling ‘n probleem het of nie.”

 

Nuusberig

Gevallestudie

Skip to toolbar