Jacques de Winter het soos alle kinders sy eerste skooljaar met ywer en vol opgewondenheid begin. Die opgewondenheid was egter van korte duur, want gou het hy besef dat hy nie so goed soos die ander kinders kon lees en skryf nie.
In die begin van Gr 1 is mev De Winter meegedeel dat Jacques voortaan vir twee periodes per week remediërende onderrig by die skool sou ontvang. ‘n Paar maande later maak die skool vir hom ‘n afspraak by die Kinderleidingkliniek. Die sielkundige wat die toets afgeneem het, het tot die gevolgtrekking gekom dat Jacques ‘n agterstand het in lees en spelling, en die remediërende onderrig by die skool het voortgegaan soos voorheen. Ten spyte van hierdie hulp het Jacques se agterstand net groter en groter geword.
Sy Gr 3-onderwyseres het aanbeveel dat Jacques na ‘n arbeidsterapeut geneem word. Dié het bevind dat daar niks met hom skort nie en dat behandeling onnodig sou wees. Intussen het Jacques al hoe meer onseker van homself geword, by tye baie emosioneel geraak en het skool gehaat.
In Gr 4 het sy onderwyseres gevra dat Jacques se ouers hom na ‘n neuroloog neem, aangesien hy geen vordering getoon het nie. ‘n EEG is gedoen en die dokter het Epilim voorgeskryf. Na twee jaar het sy ouers die gebruik van die medikasie gestaak aangesien daar geen verbetering in Jacques se skoolwerk of emosionele toestand te bespeur was nie. Sy werkstempo was uiters stadig, en hy het gekla dat hy nie op sy skoolwerk kan konsentreer nie.
In Mei van Jacques se Gr 6-skooljaar maak sy ouers kennis met Edublox. Die verbetering op Jacques se skoolrapport, binne sewe maande, verklaar duidelik waarom sy ma skryf dat hy “’n ander mens” is:
Ouboet Quintus het saam met Jacques by Edublox ingeskakel en sy skoolpunte het die volgende verbeterings getoon (Let veral op na die verbetering in sy Wiskundepunte):
Jacques is ‘n skuilnaam