Gevallestudie: Hulp vir ‘n Kort Aandagspan en Stadige Werkspoed

Juan se ma het Edublox gekontak omdat sy baie bekommerd was oor sy kort aandagspan en dat hy baie lank neem om sy werk te voltooi. Hy was gediagnoseer met ADHD, en in ‘n klein skooltjie met klein klassies.

Op 9 Februarie 2012 word Juan, ‘n Graad 3-leerder, by Edublox geëvalueer.

Essi-leestoets

Juan word getoets met die Essi-leestoets, op ‘n Graad 3, eerste kwartaal-vlak.

Van kinders wat die toets doen behaal

4% ‘n stanege van 1 (BAIE SWAK)
19% ‘n stanege van 2 of 3 (SWAK)
54% ‘n stanege van 4, 5 of 6 (GEMIDDELD)
19% ‘n stanege van 7 of 8 (GOED) en
4% ‘n stanege van 9 (BAIE GOED)

Juan lees 9 van die 20 woorde korrek en behaal sodoende ‘n stanege van 4 (LAAG-GEMIDDELD).

Hardoplees

Sy spoed met hardoplees is 63 woorde per minuut. Hy verloor sy plek en voeg woorde in die teks in wat nie daarin staan nie.

Essi-speltoets

Hy spel 5 van die 20 woorde korrek en behaal sodoende ‘n stanege van 3 (SWAK).

Oorsaak

Die oorsaak van Juan se leerprobleme was voor die hand liggend: hy het duidelik gesukkel met aandag en konsentrasie, probleme met rigtingsin en volgordewaarneming gehad (wat veroorsaak dat hy sy plek verloor wanneer hy lees), sowel as ‘n onvoldoende ouditiewe geheue en beperkte oogspan. Sy vermoë om logies te dink was laag.

Vaardigheid getoets:

Vormwaarneming

Visuele Geheue

Ouditiewe Geheue

Oogspan

Logiese Denke

Persentasie behaal:

90%

80%

63%

38%

33%

SKAAL:

90%-100% — Baie goed/Ontwikkeling sal vaardigheidsvlak verder verhoog.

80%-89% — Goed/Ontwikkeling sal die vaardigheidsvlak verder verhoog.

70%-79% —Gemiddeld/Ontwikkeling word benodig.

0%-69% — Ondergemiddeld/Ontwikkeling is noodsaaklik.

 

Aanbeveling

Daar word aanbeveel dat Juan vir twee weke uit die skool gehou word en ‘n intensiewe een-op-een kursus by Edublox doen (die kursus strek oor 10 dae, elke dag vanaf 08h00 tot 13h30).

Die 10 dae-kursus het merkwaardige vordering teweeggebring (veral wat betref aandagspan en werkspoed), soveel so dat slegs een klas per week na die kursus nodig was.

Resultate

Aan die einde van die skooljaar word Juan weer geëvalueer. Op die Essi-leestoets, gemeet op ‘n Graad 3, vierde kwartaal-vlak, lees hy 18 van die 20 woorde korrek en behaal sodoende ‘n stanege van 7 (GOED).

Hy spel 12 van die 20 woorde korrek en behaal sodoende ‘n stanege van 5 (GEMIDDELD).

Sy spoed met hardoplees is nou 97 woorde per minuut. Hy lees mooi en met gevoel.

Sy ouditiewe geheue en logiese denke toon ‘n groot verbetering:

Vaardigheid getoets:

Vormwaarneming

Visuele Geheue

Ouditiewe Geheue

Oogspan

Logiese Denke

Persentasie behaal:

100%

84%

100%

Nie getoets

78%

SKAAL:

90%-100% — Baie goed/Ontwikkeling sal vaardigheidsvlak verder verhoog.

80%-89% — Goed/Ontwikkeling sal die vaardigheidsvlak verder verhoog.

70%-79% —Gemiddeld/Ontwikkeling word benodig.

0%-69% — Ondergemiddeld/Ontwikkeling is noodsaaklik.

 

Juan is ‘n skuilnaam.

Gevallestudie

Skip to toolbar